Daar is méér. ’n Outobiografiese reisverhaal deur Amper-Stamperland en Metaversum

Die eeue-oue menslike vraag – Wat is die sin van die lewe? Wat is die sin in lyding? Daniël Louw gaan op ’n reis om hierdie vrae vanuit Amper-Stamperland en die “nuwe wêreld”, die Metaversum, te belig. Die boek wil nie kitsantwoorde gee nie – daarvoor is dit te lywig. Op hierdie vrae is daar immers...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: L. Hoffman
Format: Article
Language:English
Published: University of the Free State 2023-12-01
Series:Acta Theologica
Online Access:https://journals.ufs.ac.za/index.php/at/article/view/7796
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Die eeue-oue menslike vraag – Wat is die sin van die lewe? Wat is die sin in lyding? Daniël Louw gaan op ’n reis om hierdie vrae vanuit Amper-Stamperland en die “nuwe wêreld”, die Metaversum, te belig. Die boek wil nie kitsantwoorde gee nie – daarvoor is dit te lywig. Op hierdie vrae is daar immers nie vinnige antwoorde nie. ’n Pragtige voorblad wat herinner aan iets uit die (’n) ruimte met die uitdagende woorde in groot rooi letters: “Daar is méér”. Die taalgebruik is kreatief – keurig deur ’n kunstenaar aangewend vanaf ’n palet van Afrikaanse teologiese en filosofiese taal. Konsepte soos “Wat en waar is die middel C van die Christelike geloof?”; “Die misterie van verwondering: ’n Libretto met die titel ‘Daar is méér!’”; “Klopdisselboom met ’n pedonkiekar in Amper-Stamperland”; “Pikkewouters: Amperkaraktertjies in die Wilde Weste van stamper”; “bewolkte rekenarisering” (“computer clouding”); “blokkettings” (“block chains”). Die boek is deurspek met illustrasies en verduidelikings van dit wat in die teks bespreek word. Dit skep die indruk van ’n reis oppad iewers heen, maar langs die pad is allerlei ter saaklike “afdraaipaadjies” wat die reis letterlik en figuurlik inkleur.
ISSN:1015-8758
2309-9089